Beste Ouer
Dis vir ons aangenaam om die School Communicator bekend te stel – ’n innoverende en opwindende manier om met ouers te kommunikeer. Die School Communicator hou u ingelig oor wat by die skool gebeur. Dit word outomaties opgedateer en gee u al die jongste nuus en kalender-inligting oor geleenthede wat voorlê. Dit bevat ook ’n fotogalery, ’n kontaklys en ’n hele klompie nuttige skakels en dokumente.
Om kommunikasie met u te verbeter, moedig ons u sterk aan om die School Communicator op u rekenaar en selfoon te installeer. Dit is veilig en u word daagliks deur meer as ‘n ¼ miljoen mense wêreldwyd gebruik.
Hoe om weg te trek : Dis maklik om die School Communicator te installeer.
Vir aflaai op u selfoon
U kan die d6 School Communicator ook op u selfoon installeer. Daar is verskillende Apps vir Blackberry, iPhone, en Android.
Vir aflaai op u rekenaar
Kan die installeerder aflaai vanaf die School Communicator-webwerf:
www.school-communicator.com/downloads . Wanneer u dit aflaai, klik eers op “save” en dan “run”. U kan die School Communicator laai op soveel rekenaars as wat u wil.
Altyd op datum
Nuus en relevante inligting word gereeld deur die skool bygevoeg. U School Communicator sal outomaties opdateer.
Baie belangrik is dat u gereeld u eie besonderhede op die Communicator nagaan om sodoende te verseker die skool is in besit van die nuutste telefoonnommers en epos adresse. Indien u in besit is van ‘n epos adres moet u dit asseblief ook onder persoonlike besonderhede byvoeg.
Ons poging is om 80% van ons ouers / leerders op die stelsel te laai sodat ons afrolwerk en omsendbriewe kan beperk om kommunikasie te verbeter.
BAIE BELANGRIK – Onthou nuusbriewe en ander inligting na ouers sal vanaf die 3de kwartaal net op die communicator beskikbaar wees, dan sal slegs ouers wat nie selfone het nie ‘n kopie van omsendbriewe by die skoolkantoor kan kom afhaal.
Baie dankie vir u samewerking in die verband
Dellie Groete
Mnr PJ Badenhorst
SKOOLHOOF